Die GWK /Laerskool Stulting veeveiling het op 27 Maart plaasgevind. Stulting bedank graag ouers en vriende van die skool wat beeste geskenk het. ‘n Groot dankie ook aan GWK vir ‘n eersteklas veeveiling op Humansdorp.
Laerskool Stulting se prefekte en personeel het ook die veiling ter ondersteuning bygewoon. Die veiling het ‘n allemintige R215 000 opgelewer! Groot waardering vir al die skenkers en kopers!
Foto bo: Stulting se prefekte geniet hierdie wonderlike ervaring terdeë!