o/9 A rugbyspan van Stulting na ‘n welverdiende oorwinning!
Soos altyd was Laerskool Stulting se jaarlikse Sportdag ‘n reuse sukses. Dit het behoorlik gewemel van kinders, ouers, afrigters en ondersteuners. Met smullekker kos en goeie sport was daar behoorlik gekuier… net soos ons Suid-Afrikaners mos kán!
Die spanne het uitstekende wedstryde gespeel en sommige het vir behoorlike naelbyt-oomblikke gesorg! Die dag was prettig met heerlike spangees vanaf al die onderskeie spanne en hul ondersteuners. Ook die puik sportmanskap van die spanne het bygedra tot die groot sukses van die dag.
Stulting bedank graag elke persoon /instansie wat deel was van die dag. Hulle sien daarna uit om julle weer volgende jaar met hul jaarlikse sportdag te ontvang. So, vir diegene wat hierdie prettige geleentheid misgeloop het, maak ‘n knoop in jou oor en pen dit in jou dagboek neer, want volgende jaar 21 en 22 Augustus is dit weer sulke tyd.
Baie geluk met die goeie prestasies wat die onderskeie spanne behaal het! Die volgende spelers en spanne het trofeë, medaljes of balle gewen tydens die geleentheid.
Netbal
Ouderdom | Aanvallende speler
van die dag |
Verdedigende speler van die dag | Doelspeler van
die dag |
Span van die dag |
o/9A | Jodeci Heyls Potgieter (Paul Sauer) | Ané Prinsloo (Jeffreysbaai) | Annah Koalane (Paul Sauer) | Paul Sauer |
o/10A | Caydee Adams (Jeffreysbaai) | Marinique Steyn (Nahoon) | Anandie vd Berg (Nahoon) | Jeffreysbaai |
o/11A | Simia Fisani (Mclachlan) | Amoré Coetzee (Jeffreysbaai) | Zandri Coetzer (Jeffreysbaai) | Kirkwood |
o/12B | – | – | – | Nahoon |
o/12A | Chanté Carelse (Kirkwood) | A. De Lange (Gamtoosvallei) | Mariané Bruwer (Stulting) | Graslaagte |
Ouderdom | Aanvallende speler
van die dag |
Verdedigende speler van die dag | Doelspeler van
die dag |
Span van die dag |
o/13B | – | – | – | Nahoon |
o/13A | Zelda Horn
(Volschenk) |
Meché Draghoender (Stulting) | Kelly Coetsee (Jeffreysbaai) | Graslaagte |
Rugby
Ouderdom | Belowendste speler | Span van die dag |
o/6 | Reghardt Kemp (Paul Sauer) | Victory Christian School |
o/7 | Kobus Bezuidenhout (Gamtoosvallei) | Jeffreysbaai |
Ouderdom | Voorspeler van die dag | Agterspeler van die dag | Span van die dag |
o/9B | – | – | Kirkwood |
o/9A | Killian van der Walt (Stulting) | Hunter Justice (Jeffreysbaai) | Jeffreysbaai |
o/11B | – | – | Kirkwood |
o/11A | Luciano Botha (Jeffreysbaai) | Akhumzi Masoka
(Stulting) |
Jeffreysbaai |
o/13B | – | – | Grens |
o/13A | Gustav van der Merwe (Jeffreysbaai) | Buhle Mtengwane
(Aliwal Noord) |
Stulting |
Skaak
LIGA | Goud | Silwer | Brons |
Junior span | Pharos | VCS | Grens |
A-Liga | Pharos | Graslaagte | Pellsrus |