Met die geluid van sae wat saag en hamers wat spykers inslaan, het die gr. R & RR met groot afwagting uitgesien na hulle nuwe parkie wat een van die dae gereed sou wees.
Uiteindelik breek die dag aan en die speelparkie word behoorlik deur die Bunny- en Dolfynklassies ingelyf.
Die maatjies het behoorlik baljaar en hulself terdeë geniet!
Baie dankie vir diegene wat gehelp het om die speelparkie weer spiekeries te maak vir nog baie jare se pret!