Die Stulting-span, voor en agter die skerms se harde werk was toe uiteindelik getoets en het gesorg vir ‘n seepgladde proses om seker te maak almal is deur die ondersoek- en ontsmettingstasies.
 Met groot geesdrif het Laerskool Stulting fluks gewerk om die nodige voorsorgmaatreëls en protokolle in plek te kry vir die terugkeer van ons leerders. So het die dag toe uiteindelik op 8 Junie 2020 aangebreek waar die Gr.7-leerders weer kon terugkeer skool toe.
Die toegangsproses het na verwagting, tesame met die sifting van leerders, seepglad verloop. Die kinders was reeds van vroeg af by die skool deur opgewonde personeel ingewag en sommer gou-gou het Stulting amper weer soos ouds gevoel. Alhoewel die maskers aan die begin vreemd gevoel het en die stemmetjies so bietjie gedemp het, het die leerders gou daaraan gewoond geraak en kon ons kort voor lank weer die gesels en gegiggel van kinders hoor.
Dit was heerlik om weer die kindergesiggies te sien, alhoewel dit net die oë is wat uitsteek! Dit bly natuurlik steeds ‘n raaisel oor wie meer opgewonde was met die terugkeer van die leerders… die onderwysers, die kinders of die ouers…?