Hoërskool Salomon Senekal, Viljoenskroon, is baie bevoorreg en verheug om hul nuwe skoolhoof, mnr. BENTON NORTMAN, by die skool en in die gemeenskap te verwelkom. Mnr. Nortman was die afgelope paar jaar departementshoof by Primêre Skool Truida Kestell in Bethlehem. Mnr. Nortman se vrou, Esmé (Gr.R’e se geliefde juffrou), en hul seun, Benton jr. (Gr.11), is ook al deel van die Villie-familie.
“Ons wens hul alles van die mooiste en beste toe vir ‘n geseënde en voorspoedige verblyf in Viljoenskroon en dat hulle gou deel sal word van ‘n gemeenskap wat liefde, omgee en warmte uitstraal.”