‘n Hele paar leerders van Laerskool Stulting, Humansdorp, het verlede week aan die Victory Kunstefees deelgeneem. Die leerders het oor die algeneem baie goed gevaar.
Van die uitslae is as volg: Gr. 4-7 voordrag & monoloog: 14 leerders behaal goud en 17 leerders behaal silwer.
Foto b: Me. Maryna Meyer (links) en Me. Nicole De Readt (regs) van Laerskool Stulting staan hier tussen sommige van die pragtige kunswerke en foto’s wat tydens die Kunstefees uitgestal is.
Stulting het altesaam 31 kunswerke ingeskryf. Die tema was “kleur en klanke” (sien die foto’s onder)