Baie geluk aan Elroy Skosana met sy puik spel! Hy is aangewys as man van die wedstryd teen Kabega.
Laerskool Stulting se o/13 rugbyspan het onlangs kragte gemeet teen Kabega tydens die sportdag by Framesby. Stulting wen dan ook die wedstryd 5-0.
Die span het ook verskeie wedstryde tydens Lorraine se jaarlikse sportdag gespeel. Stulting wen 15-0 teen Stirling en speel gelykop 0-0 teen Charlo, maar verloor ongelukkig net-net met 10-5 teen Union.