Die gr. R-maatjies leer hoe voetoorgang werk.
Die gr. R-maatjies van Laerskool Stulting het hierdie week so bietjie geleer oor vervoer en onder andere ook oor hoe ‘n voetoorgang werk. Daar is geleer oor die rigting waarheen jy eerste moet kyk en ook oor hoe jy oor ‘n voetoorgang moet stap. Hulle het nie net oor padvervoer geleer nie, maar ook so bietjie in “Die land van vervoer” gaan valskerm spring en op ‘n seilboot om die wêreld gevaar!
Sommer lekker pret met getalle en ons “Vervoer” tema… speletjies, kuns en vele meer!
So leer ons sommer so speel-speel.
Become a Sponsor












