Elandré van Loggerenberg, ‘n Gr.7-leerder van Laerskool Stulting, het verlede naweek aan TSA se ProKennex toernooi in PE deelgeneem.
Tydens hierdie toernooi het hy ‘n silwer medalje in die goue groep in enkels vir seuns o/14 gewen, asook ‘n silwer medalje in dubbels vir seuns o/14.
Elandré is tans 26ste gelys vir seuns o/14 in die Oos-Kaap.
Baie geluk!
Stulting is super trots op jou!