Foto bo vlnr: Naruschka Conradie, Annelé Landman, Karin Pienaar (afrigter), Lianca Rose, Issataya Bredell, Eliska Nel en Fioné Nel (voor).
‘n Paar van Laerskool Stulting se o/13 netbaldogters is onlangs in die Kouga netbalspan opgeneem.
Nog twee van Stulting se netbaldogters, Chris-Mari Landman en Kelsey Prinsloo, het in die o/12 ouderdomsgroep presteer en deurgedring tot by die sone wat hul die geleentheid gegee het om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem.
Drie van Stulting se o/13 netbaldogters Issataya Bredell, Annelé Landman en Naruschka Conradie, het die Sarah Baartman distrik verteenwoordig by die finale Oos-Kaap proewe in Oos-Londen wat op 14 Mei plaasgevind het.
Issataya Bredell en Naruschka Conradie is in die Oos-Kaap span opgeneem wat aan die Nasionale All Ages toernooi gaan deelneem.
Baie geluk!