Soos altyd vier Laerskool Stulting in Humansdorp, jaarliks hul verjaarsdag met ‘n speletjiesdag. Boonop is hierdie ook nie sommer enige verjaarsdag nie, maar dit is die skool se 80ste verjaarsdag hierdie jaar!
Die leerders het hulself gate uit geniet! Die personeel moes kreatief wees en elkeen hul eie speletjie aanbied.
Sommige onnies het selfs meer as 1 speletjie aangebied, want Stulting-onnies ken van mutitasking!