In groot afwagting het Stulting-ouers uitgesien na die kodering en robotika ope-oueraand wat op 9 April by Laerskool Stulting in Humansdorp gehou is.
Die doel van die oueraand was om die ouers te wys wat presies kodering en robotika behels en met watter aktiwiteite hulle kinders hulself mee besig hou in die kodering- en robotika-klas.
Elke groep het ‘n probleem ontvang wat hulle dan d.m.v. kodering moes oplos, sodat die robot die taak korrek kon uitvoer.
Die aand was ‘n groot sukses met geweldig baie positiewe kommentaar vanaf die ouers.
Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (hoof), Mnr. Christo Du Plessis, Mnr. Tiaan Muller en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die ongelooflike puik voorbereiding om die aand moontlik te kon maak.
Foto bo:Â Absolute konsentrasie! Mianri Jacobs, Nina Lourens en Johan Swart aan die werk.