Die naweek van 15 Februarie het Laerskool Park van Mosselbaai se 1ste dogters- en seuns tennisspanne aan die Reef Hudson toernooi in George deelgeneem.
Tydens hierdie toernooi was die beste laerskole-span in Eden aangewys.
Park se 1ste seunsspan het in die finaal die stryd verloor en het as naaswenners van die toernooi uit die stryd getree.
(FOTO:) Vlnr: JP le Roux, Zander Maritz, TJ Vorster en Johannes Pretorius