Leerders van Laerskool Park wat in April aan die Streeks Radikale Redenaars deelgeneem en deurgedring het na die Wes-Kaap finaal, het die afgelope naweek by Hoër Meisieskool Paarl deelgeneem.
Tydens hierdie geleentheid word daar slegs twee leerders gekies om aan die Nasionale Finaal deel te neem.
Laerskool Park se leerders het pragtig presteer en die volgende leerders het onder die top twee geëindig: Lienka Pretorius (Graad 2), Mila Smit (Graad 1) en Jana Pretorius (Graad 4).
Fanie Keyser was die kategorie wenner (Graad 6).
Foto: Vlnr: Lienka Pretorius, Mila Smit, Jana Pretorius en Fanie Keyser