Evanca en Vanesca Schoeman van Laerskool Park in Mosselbaai het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap streeks-finale te George deelgeneem. Hulle het pragtig presteer en is ingesluit in die WP-span.
Hulle het die volgende prestasies behaal:
Evanca Schoeman: Working Hunter – 5de; Jumping – twee 3de plekke
Vanesca Schoeman: Performance Riding – 1ste; Dressage – 8ste en Prix Caprili – 9de
FOTO BO:
Vlnr: Vanesca Schoeman en Evanca Schoeman