Laerskool Park van Mosselbaai se leerders uit beide die grondslag –en intermediêre fase het pragtige prestasies deur die loop van 2018 behaal en ons is baie trots op elke leerder.
Die volgende spesiale prestasies is behaal:
Kayla Esselen (foto bo:) ontvang toekennings vir: Beste prestasie in Engels, Lewensoriëntering, Skeppende kuns, Tegnologie asook Ekonomiese en Bestuurswetenskap, Dux-leerder 2018, Mees veelsydige Graad 7-leerder, Sportvrou, Beste dogters-atleet, Beste netbal speelster o/13 en Beste dogter tennisspeler
Junior algemene kennis
Eerste plek: Johan Schoeman
Tweede plek: Liam Marais
Derde plek: Waldo Crauss
Junior sportman en – vrou
Beste atleet – seun: Dylan Stander
Beste atleet – dogter: Sadie Quinton
Die volgende borge word bedank vir die kontantpryse: Basson Piek – Rauch Gertenbach, Donovan Sheppard – De Jagers, Mnr en Mev Pienaar – De Ville’s, Wouter Kotze – PSG en Danie Stander