Die groepie talentvolle krieketspelers van Laerskool Outeniqua het aan die nie-amptelike finaal van die SWD 0/13 Saterdagliga deelgeneem. Laerskool Outeniqua en Glenwood House het albei eerste in hul onderskeie groepe geëindig. Laerskool Outeniqua se 0/13 A-span het as oorwinnaars uit die stryd getree na ‘n goeie meedingende wedstryd. Zander Nel en Pieter Doubell het albei erkenning ontvang vir hul kolf- en boulwerk.
Agter: Luke Graham, Drikus de Jager, Pieter Doubell, Luke Symons, Reynard Visagie, Raymond Bartie (afrigter)
Voor: Marcel Strydom, Richard Els, Zander Nel, Lee-Mar Pedro, Jodi Prins en Tim van Staden.
Become a Sponsor