Inwoners van Rendezvous Cottages is op Vrydag, 2 November, verras met blommeruikertjies van leerders van Laerskool Outeniqua van George tydens hul jaarlikse Stella Louwrens Blommedag.
Foto bo: v.l.n.r. Beate Graupe, Me Schroeder en Carla Bezuidenhout.
Dit is weer Stella Louwrens Blommedag by Laerskool Outeniqua van George. Me Bettie Freedman van Tuiniqua ontvang ‘n blommeruikertjie van Reinhardt van der Merwe en Jhonny Taute tydens hul jaarlikse uitreik na bejaardes