Laerskool Outeniqua van George se graad 4-leerders het op 23 Oktober hulle puik van hul taak gekwyt by hul kwartaallikse Spur-aand. Die graad 4’s het die kelners met geesdrif en entoesiasme ondersteun.
Die aand was ‘n reuse sukses met smaaklike kos en ‘n gesellige atmosfeer. Baie dankie aan Johan Burger van Geronimo Spur vir die geleentheid en ondersteuning.
Foto bo: v.l.n.r: Hier help Juan Steenhuisen, Nina du Plessis en Tahsin Rahman een van die kelners met bestellings.
V.l.n.r: Zahn Westerhuis, Luke Schippers en Anika Pretorius is op hul pos om die tafels reg te maak vir die volgende kliënte.