Henco Bester, graad 7-leerder aan Laerskool Outeniqua, George, is uitgenooi na die George Eisteddfod Feeskonsert. Hy het die monoloog “Generation Gap” gedoen en het die aand op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n “60’s Medley”. Hy het die Jnr Pop, Rock en Jazz-trofee met Jodi-Anne Michael gedeel en ontvang ook die Jnr Veelsydigheid-trofee.