Outies het uitgereik na hawelose diere. Op 8 Augustus het Laerskool Outeniqua se Early Act Klub besoek afgelê by Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN) in Blanco. Die hele skool se leerders het donasies geskenk: 64kg babahondekos, 109kg hondekos, 69kg katkos, 360 blikkieskos, 20 sakke katsand, 85 komberse en 202 ander donasies soos speelgoed en lekkergoed vir diere. Dit was ‘n prettige dag wat die leerders altyd sal koester en is beslis nie die laaste keer wat ODIN die Early Act Klub gaan sien nie.
Â