Die skaakspan van Hoërskool Robertson het gister weereens die trofee verower deur Charlie Hofmeyr 6 1/2 – 4 1/2 te klop.
Dit was ‘n gespanne stryd met die uitslag wat tot die einde nog in die weegskaal was.
Baie dankie aan Mevv. Bothma en Coetsee vir die heerlike verversings en geskenkies.
Baie geluk aan die skaakspan met julle puik prestasie!