Laerskool Outeniqua het aan die Astro Quiz 2018 deelgeneem waar graad 7 leerders 30 vrae oor die sterre, planete en die heelal beantwoord in 30 minute. Vir die 5de jaar in ‘n ry, het Outeniqua Laerskool deurgedring tot die 3de rondte en die Eden-Karoo streek verteenwoordig. Die top 32 spanne in die Wes-Kaap het in Kaapstad bymekaar gekom om kragte te meet. Vanjaar se span is ook deur na die 4de rondte, waar hulle algeheel 10de in die Wes-Kaap geindig het. Outeniqua se sterre bly uitblink.