Laerskool Oranje-Noord van Upington se Gr 5 en 6 leerders is tans besig met TechnoWeek, aangebied deur Felix Spies en Heine Kulsen van Split Second Science.
Die “Mindstorm Lego Blocks EV3” word gebruik om robotte te bou en dan deur middel van kodering word beplande funksies op ‘n mat uitgevoer. Hierdie kodering word ook self deur die leerders gedoen.
‘n Baie groot voorreg om deel te wees van hierdie spesiale geleentheid – ‘n eerste vir Upington.