Die Nellies het die afgelope naweek hul man (en vrou) gestaan in warm Bosveld toestande tydens Laerskool Phalaborwa se Wintersportdag. Ons het deelgeneem teen Laerskool Tzaneen en Laerskool Phalaborwa waar ons ware Nellie-Guts gewys het. Laerskool Nelspruit het gemengde welslae gehad, maar die spanne het goeie ondervinding opgedoen voor die opkomende toere. #TrotsNellies #NellieGuts
Op die foto bo:
Links:Â Calvin Bolt – Slot van Ford Nellie Leeus, regs Arili Boshoff
Rugby uitslae teen Tzaneen 24 Maart by Laerskool Phalaborwa:
o/9A – verloor 0-12
o/10A – wen 19-12
o/11A – wen 19-0
2de span – gelykop 12-12
1ste span – wen 12-10
Rugby uitslae teen Pietersburg-Noord 24 Maart by Laerskool Phalaborwa:
0/9A – Wen 5-0
o/10A – wen 12-0
o/11A – gelykop 5-5
2de span – verloor 0-10
1ste span – verloor 7-15
Netbal-uitslae teen Tsaneen:
o/10B – wen 3-2
o/11A – wen 7-3
o/12 A – wen 6-4
o/12 B – wen 11-3
o/13A – wen 9-7
o/13B – wen 8-6
Nellies is baie trots op hul sportspanne!