Nog twee matrikulante van Ligbron Akademie vir Tegnologie slaag met sewe onderskeidings elk na afloop van die hermerk. Beide Stephanie Krause en Zulaika Arbee het nou ook ‘n onderskeiding in Engels Huistaal. Stephanie spog met 85% en Zulaika met 80%. Lizhan Prinsloo, Michelle Swanepoel en Samukelisiwe Ndlangamandla het elk ook nou ‘n ekstra onderskeiding in Lewenswetenskap behaal na afloop van die hermerk op hulle vraestelle. In totaal het Ligbron dan nou 15 lewenswetenskap onderskeidings. Die Liggies se totaal onderskeidings het nou opgeskuif na 175 onderskeidings vir die 2017 Matriek Eindeksamen. Ligbron is trots op hierdie pragtige prestasies.
Foto bo:
Stephanie Krause
Foto links:
Zulaika Arbee
Become a Sponsor










