Baie geluk aan Chanel Malan, Gr. 6, van Laerskool Muldersdrif wat die afgelope naweek aan ‘n level 2 gala by Ellis Park deelgeneem het.
Sy het in die 200m borsslag en in die 200m vryslag items eerste geëindig en daarmee saam level 3 tye geswem Sy word dan nou opgeskuif na level 3 galas in die CGA Swim League vir dogters 12 jaar.
Mullies is trots op jou, Chanel!