Laerskool Muldersdrif van Krugersdorp het die volgende leerders genomineer vir die jaarlikse Distrik Buitemuurse Toekennings:
• Marnu Bouwer: Laerskool seuns atleet van die jaar
• Reinhardt Neuper: Kultuurseun van die jaar
• Blyde Schoeman: Kultuurdogter van die jaar
• Deoné Mouton: Kultuurdogter van die jaar
Mnr Wimpie Lindes is genomineer vir die tegniese beampte van die jaar en laerskool Muldersdrif is genomineer vir die Kultuurskool (laerskole) van die jaar.
Die 15 leerders per graad van Gr 4 – 7 wat die meeste merietes het, het op 26 November op ‘n uitstappie gegaan.