Jhanco de Beer (links), Rigardt de Beer (middel) en Frederik van der Westhuizen (regs) van Laerskool Mooirivier, was die bobaasspelers tydens die Super 12-skaakkompetisie wat op 5 Mei 2018 in Pretoria plaasgevind het. Tydens die kompetisie waaraan 22 skole deelgeneem het, is hulle as die bordwenners aangewys.