Die tennisspanne van Laerskool Mooirivier wat aan die Klerksdorpse B-tennisliga deelgeneem het, het baie goed gevaar. Drie spanne het deelgeneem en die 2 o/11-spanne het die B-liga gewen. Die o/13-seunsspan het geskik vir ‘n vyfde plek.
Die dogters o/11-tennisspan van Laerskool Mooirivier is die wenners van die Klerksdorpse B-liga.
Op die foto heel bo:Â v.l.n.r. Nicki Tromp, Hesrie van Wyk, Taryn Tromp, Genna van der Merwe.
Die Seuns o/11-tennisspan van Laerskool Mooirivier is die wenners van die Klerksdorpse B-liga.
Op die foto links: v.l.n.r. Christoff Nel, Grant van der Merwe, Luandré Pretorius en Michael Bell (afwesig).
Die Seuns o/13-span het geskik vir ‘n vyfde plek in die Klerksdorpse B-liga.
Op die foto onder:
v.l.n.r. Pieter van der Walt, Esjee van Wyk, Chris Heyns en Niel Behrens.