Tydens die afgelope vakansie het twee skuts van HoĆ«rskool Ermelo aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in New Castle deelgeneem. Die kompetisie het vanaf 1 – 5 Oktober geduur. Maandag en Dinsdag het die skuts die twee 3P kompetisies geskiet en Woensdag die 10m staankompetisie. Donderdag was die finaal, asook die prysuitdeling.
Die Errie-skuts het in die 0/21 Sporter afdeling deelgeneem. Hul het baie goed geskiet en goeie tellings gekry:
Rudie Breytenbach ā 1402
Paul Morkel ā 1394
Paul Morkel is aangewys as die spankaptein van die Mpumalamga-skietspan. Dit is ān besonderse groot eer wat hom te beurt geval het en die Erries is sowaar baie trots op hom.