)

Laerskool Mooirivier:  ‘n Skool met ‘n mooi verlede

Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk het net na die eeuwending vanaf Burgersdorp na Potchefstroom geskuif.  Omrede baie voornemende teologiese studente nie oor die nodige opvoedkundige agtergrond beskik het nie, het daar weldra ‘n Voorbereidende Skool (waar die Totius Akademie vandag is) langs die Teologiese Skool geopen en kort voor lank het melk- en hardebaarde dieselfde klaskamers gedeel.

In 1929 het die Voorbereidende Skool die Demonstrasieskool van die Potchefstroomse Normaalkollege geword.  Hier moes die studente kindersielkunde en onderrigmetodes op ‘n hoë vlak toepas en op die proef stel.  Baie ouers was erg ontstel omrede hulle kinders as ‘proefkonyne’ vir die onderwysstudente moes dien.

In 1935 word die skool ‘n gewone skool onder die jurisdiksie van die plaaslike skoolraad, maar smelt later saam met Laerskool President Pretorius.

In 1937 word ‘n nuwe skool, die Mooirivierskool, weer in die geboue van die ou Voorbereidende Skool geopen met mnr. John Davey as eerste hoof.  Gedurende 1948 het die Mooirivierskool na die ou skoolgeboue van Hoërskool Gimnasium (nou die ou dele van die huidige Rep-en-Roer Kleuterskool) getrek.

Die skool het ‘n paar moeilike jare belewe en soms gegroei en andersins gebloei onder die leierskap / bekwaamheid van die verskillende hoofde.

In 1992 het Laerskool Mooirivier ‘n staatsondersteunde skool (Model C-skool) geword, maar as gevolg van ‘n nuwe onderwysbedeling, het die skool weer in 1997 ‘n openbare skool (staatskool) geword.

Mnr. Ruben Jacobs is die aflope 25 jaar die skoolhoof en danksy sy en die Beheerliggaam se versiendheid, vasberadenheid, ywer en entoesiasme, het die skool gegroei van ‘n klein skooltjie van net onder die 500 kinders na ‘n groot skool met 871 leerlinge en 282 kleuters.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal