)

Laerskool Menlopark stel 3 onderwysers voor

Menlo gee graag hierdie week ons graad 3 onderwyseresse die kans om hulself voor te stel.

Ek is juffrou Marni Victor, die graad 3P Karnaval klas juffrou. Dit is my vierde jaar as trotse lid van die Laerskool Menlopark.
As lid van ‘n familie propvol onderwysers, het ek van kleins af geweet waar my passie lê. Ek glo elke kind het ‘n verskeidenheid talente en potensiaal om te ontdek en dit is vir my ‘n voorreg om hulle die kennis en vaardighede te gee om te groei en ontwikkel.
My familie en vriende is vir my baie belangrik en tyd saam met hulle sal ek vir niks verruil nie.
Musiek is ‘n belangrike deel van my lewe en ek lei veral graag die Lofprysing / “Worship” by my kerk, met sang en kitaarspel.
As ek kon, het ek ‘n hele dieretuin gehad met al die verskillende diere waaroor ek mal is! In my vrye tyd sal jy my verseker in die natuur vind, waar ek die grootheid van my Skepper se meesterstukke kan bewonder.
My leuse in die lewe is: “Jou lewe is ‘n boodskap aan die wêreld, maak seker dat dit inspirerend is.”

Ek is Juffrou Chrisna Otto en die trotse juffrou van die Gr. 3 Llama-klas, (die K klas). Ek is nou alreeds 10 jaar deel van die Menlo-familie. Ek het begin as die Bere-juffrou by die Graad 0 sentrum maar is van verlede jaar af die Llama-mama by die graad 3’s.

Ek is ‘n passievolle mens, lief vir die lewe en gryp al die geleenthede aan wat na my kant toe kom. Die klein dingetjies in die lewe maak my opgewonde! Dit is vir my heerlik om gelukkige kinders te sien, te sien hoe hulle groei en ontwikkel en om deel te wees van hul lewe.

Ek en Hannes het twee seuns, Luan en Janco. Ons gunsteling vakansie bly iewers in die bosveld. ‘n Kampvuur, ‘n sonsondergang en die leeu wat snags brul gee my hoendervleis. Kuier saam met goeie vriende, ‘n lekker glasie wyn en goeie musiek maak die lewe die moeite werd. 

Liza van Tonder is graad 3S, die Sebras se onderwyseres. Ek het Junie 2004 by Laerskool Menlopark begin skoolhou as ‘n graad 1 juffrou. Ek was baie jare by graad een, maar is nou ‘ bevorder’ na graad 3 toe. Alhoewel ek altyd n sagte plek sal hê vir graad een kinnertjies, geniet ek graad 3 verskriklik baie!! Om n juffrou te wees is my passie en ek wil niks anders doen nie.

Ek is geseënd om die ma te wees van vier kinders, twee seuns en twee dogters.
In my vrye tyd lees ek graag. My klein paradys is by Zavora, in Mosambiek, maar ek is ook BAIE lief om te stap en tyd te spandeer in die natuur en veral in die Drakensberge. 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal