)

Laerskool Kruinsig 3de-beste in die wêreld

Laerskool Kruinsig in Kemptonpark se Kinderkoor is as 3de in die Wêreld gekroon! 1ste Drakondale (‘n Koorskool soos die Drakensberg Seunskoor) 2de China en 3de Suid-Afrika se Kruinsig Kinderkoor. Daar was kore van 6 verskillende lande en ook ‘n hele klomp SA kore in hul afdeling. Die Kruinsig Kinderkoor het deelgeneem in Kategorie 2, kinderkore 10 -16 jaar. Die ongelooflike spanning van die Award Ceremony voor ongeveer 15 000 mense het almal in trane gehad, kinders, ouers, personeel en almal wat die voorreg gehad het om deel van hierdie ervaring te wees. Elke dag het sy eie uitdagings en wonderlike oomblikke gehad. Oral waar hulle beweeg het, het mense van so baie verskillende lande gestop en afgeneem. Hulle moes oral improviseer en sing. “Ons gaan vir baie jare hieroor praat. Die kinders het elke dag gegroei en meer ontpop, vriende gemaak, hand geskud en drukkies gegee”.

As afrigter, sê Mev Nightingale, “is die deelname aan die World Choir Games die hoogtepunt in my loopbaan. Sonder die ongelooflike koorouers wat van die heel begin af saam geoefen en gewerk het, die ongelooflike samewerking van almal na diefstal van ons koordrag tot by die Kruinie Personeel wat saam by die WCG was. Betsie en Landi Schaap wat ‘n onmisbare deel van ons koor is.Almal wat geborg en gewerk het, almal wat gehelp het met borge soek, die fantastiese busborg, almal wat gehelp het, sonder julle sou die uitslae ook nie daar gewees het nie”.
“Ek dink nie mens kan ooit weet of glo of verduidelik of in woorde vertel wat hierdie fantastiese kinders beleef en bereik het nie en hoe vreeslik dapper ‘n skoolkoor moet wees om kompeterend deel te neem aan die WCG nie. Dit kan nie vergelyk word met enige aktiwiteit kultureel of sport waaraan ‘n laerskool kind blootgestel kan word of wat ek in my lang loopbaan gesien het nie”.
“Uiteidelik eindig ons INTERNASIONALE WORLD CHOIR GAMES by die Arena in die Times Square gebou. Hulle begin uitdeel terwyl mens voor duisende mense en kameras staan en jy hoop net om ‘n sertifikaat te kry, net nie niks nie en jy wil nie graag eerste geroep word nie, maar naderhand wou ek flou omval en moes ek vooroor buk om te probeer asem kry. Toe hulle uiteindelik verby die Silwer is begin ek beplan wat ek vir die kinders gaan sê, want ons gaan net die Participation sertifikaat kry… na die tyd… maar ons hou aan hoop, en toe kom dit GOUE DIPLOMA, Derde Plek en jy hoor in die groot Arena die kinders skree Kruinies, Kruinies en waar ek staan sien ek die kameramanne hardloop na die kinders toe en die res bly net n blurr. Ongelooflike koor, die Kruinsig Kinderkoor”.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal