Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is baie trots op hul Blou Engele wat uitstekend presteer het tydens die World Choir Games.
Die beste kore van reg oor die wêreld neem hieraan deel. AHMP se Senior Koor het met ‘n persentasie van 91.38 die derde plek behaal in die kategorie: Youth Choirs of Equal Voices.
DERDE IN DIE WÊRELD!
Die pragtige goue medalje gaan hulle met trots dra.
Ons is ongelooflik trots op ons Blou Engele.
Geluk met ‘n uitmuntende prestasie!