Je-ani Swiegelaar het ‘n Graad 5-leerder van Laerskool Hendrik Louw van die Strand, Dianei Bekker, die afgelope twaalf maande gementor.
Je-ani is ‘n bekende aktise van die televisie-sepie Binnelanders. Dianei het ook deelgeneem aan ‘n aanlyn dramakursus, SpeelToneel.
Dianei moes na agt aanlynklasse per maand kyk en dan, aan die einde van die maand, alles wat sy geleer het toepas in ‘n kort toneelstukkie.
Dianei se mentor, Je-ani, het opgemerk dat “sy dit met absolute toewyding aangepak het en my elke maand verras het met haar vordering in die gebied. In ’n tyd wat dit regtig moeilik is om positief en gemotiveerd te bly het sy op so ’n jong ouderdom vasgebyt en seker gemaak haar werk is altyd op tyd én van goeie gehalte. Om terugvoersessies met haar te hê na elke opdrag was ’n absolute fees en ek kon agterkom dat sy notas met groot volwassenheid vat, neerskryf en dan toepas in haar volgende opdrag.”
Baie geluk met jou vordering, Dianei. Jy’s ‘n ware Louwtjie!
Meer oor Laerskool Hendrik Louw:
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/cape-town/
Hendrik Louw Primary School offers a broad curriculum spectrum and a range of opportunities for all our learners to achieve excellence in academic, creative, social, cultural and sporting endeavours. We value collaborative learning, positive relationships and our values are of cardinal importance; namely: trustworthiness, respect, responsibility, fairness, good citizenship and caring.
Our vision, “Always our very best for every child”, is visible in the commitment of our educators to deliver a high quality learning experience focused on the individual needs of each child. We are striving to be creative and innovative in our instruction to engage with learners in these challenging times.