Dit is met groot genoeë dat Hoërskool Sentraal in Bloemfontein vanoggend hul nuwe skoolhoof kan bekendmaak.
Die Departement van Onderwys het Mnr. Charles Liversage as skoolhoof van Sentraal aangestel, en hy sal Dinsdag 10 Augustus in sy amp begin. Die Tralies sien baie uit na hierdie nuwe hoofstuk en wens mnr. Liversage geluk en sterkte toe.