Mnr Taljaard en sy vrou
Hoërskool Witteberg in Bethlehem het die afgelope vakansie mnr. Leander Taljaard, die skool se sportorganiseerder, gegroet. Hy was die afgelope 6 jaar die skool se sportorganiseerder.
Meneer Taljaard en sy vrou het onlangs verhuis na Thailand waar hy sy loopbaan as liggaamlike opvoeder gaan voortsit. Ons salueer hom vir die ongelooflike werk wat hy verrig het die afgelope aantal jare. Hy sal onthou word vir sy rustige geaardheid en pligsgetrouheid.
Hy was ook verantwoordelik vir die uiters suksesvolle manier waarop Witteberg sedert verlede jaar die COVID-pandemie hanteer het. As voldoeningsbeampte was hy baie deugsaam en altyd op sy pos met hulp. In sy hoedanigheid as sporthoof het hy verseker dat Witteberg se kondisioneringsentrum ten volle opgradeer is en tans ‘n diens van ‘n hoë standaard aan sy leerders kan bied.
“As vriend en kollegas, was dit ‘n voorreg om saam met hom te kon werk. Hy was ook ‘n steunpilaar in die afrigterskorps van ons eerste rugbyspan die afgelope tyd.”
Witteberg wens hul sterkte toe met die nuwe opwindende skuif in hul lewens en mag hul pad met sukses en vreugde geseën word.
Meer oor Witteberg:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/