)

Hoërskool Witteberg verwelkom Sportorganiseerder

Hoërskool Witteberg, Bethlehem, verwelkom Mnr. DP Coetzee, die skool se nuwe sportorganiseerder.

Mnr. Coetzee is ‘n sportliefhebber en was die afgelope jaar verbonde aan die Hoërskool Prieska in die Noord-Kaap. Hy beskik oor ‘n graad in Menslike Bewegingskunde met Sielkunde aan die Noordwes Universiteit.

Hy is ook ‘n oudleerder van die Hoërskool Ficksburg met verskeie prestasies wat op sportgebied behaal is. Mnr Coetzee sluit eersdaags by Witteberg aan en sal ook, danksy sy ervaring en kundigheid, intens betrokke wees by die bestuur van die skool se kondisioneringsentrum. Verder sal hy ook betrokke wees by rugby- en atletiekafrigting. 

Witteberg sien uit na die geleentheid om op hul Witteberg-manier saam met mnr. Coetzee te kan werk.

Mag jou tyd by hierdie Jeugland met hoogtepunte gevul word.

Meer oor Witteberg:

Sportsoorte wat by Hoërskool Witteberg aangebied word sluit in: Atletiek, rugby, hokkie, netbal, krieket, tennis en gholf

Buitesport sluit in: fietsry, Midmarmyl, Western Mounted Games, tweekamp, driekamp, muurbal, polo, karate, ruiterkuns, skouperd en dresseer, tentpegging, uithouritte en volkspele.

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://www.witteberghs.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal