Hoërskool Witteberg, Bethlehem, verwelkom Mnr. DP Coetzee, die skool se nuwe sportorganiseerder.
Mnr. Coetzee is ‘n sportliefhebber en was die afgelope jaar verbonde aan die Hoërskool Prieska in die Noord-Kaap. Hy beskik oor ‘n graad in Menslike Bewegingskunde met Sielkunde aan die Noordwes Universiteit.
Hy is ook ‘n oudleerder van die Hoërskool Ficksburg met verskeie prestasies wat op sportgebied behaal is. Mnr Coetzee sluit eersdaags by Witteberg aan en sal ook, danksy sy ervaring en kundigheid, intens betrokke wees by die bestuur van die skool se kondisioneringsentrum. Verder sal hy ook betrokke wees by rugby- en atletiekafrigting.
Witteberg sien uit na die geleentheid om op hul Witteberg-manier saam met mnr. Coetzee te kan werk.
Mag jou tyd by hierdie Jeugland met hoogtepunte gevul word.
Meer oor Witteberg:
Sportsoorte wat by Hoërskool Witteberg aangebied word sluit in: Atletiek, rugby, hokkie, netbal, krieket, tennis en gholf
Buitesport sluit in: fietsry, Midmarmyl, Western Mounted Games, tweekamp, driekamp, muurbal, polo, karate, ruiterkuns, skouperd en dresseer, tentpegging, uithouritte en volkspele.
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/