Laerskole krieket. Laerskool Stulting, Humansdorp, se o/13 krieketspan het die 12de Februarie in ‘n laerskole krieket wedstryd teen Laerskool Jeffreysbaai krieket gespeel. Juhan Venter was aangewys as die beste kolwer en Aiden Bramwell as die beste bouler.
Stulting het ook die 19de Februarie teen Paul Sauer gespeel. Laerskool Stulting wen met 10 paaltjies. Juhan Venter is aangewys as die kolwer van die dag en Johan van Tonder het 4 paaltjies geneem. Die spangees was iets om te beleef.
Stulting se o/11 krieketspan speel ‘n laerskole krieket wedstryd teen PS. Stulting kolf eerste en teken 125 lopies aan. Franku van Niekerk teken 39 lopies aan. PS word uitgehaal vir 59 lopies. SimonĂ© van der Walt neem 3 vangskote in die veld en neem 1 paaltjie. Franku en SimonĂ© deel speler van die wedstryd toekenning.
Laerskool Stulting het 26 Februarie ‘n naelbyt laerskole krieket wedstryd gespeel teen Pellsrus PrimĂªr. Stulting wen die wedstryd met 2 paaltjies. Stulting se beste kolwers was Johan Swart en Juhan Venter. Die beste bouler was Aiden Bramwell wat 4 paaltjies geneem het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf