Laerskole Gholf. Leeuwenhof Akademie, Bedfordview, se gholf het ‘n seisoen van uitnemendheid beleef! Die skool het die volgende spanne ingeskryf vir die laerskole gholf se liga:
- Twee C spanne
- Twee B spanne
- Een A-span
Vier van die vyf spanne kwalifiseer om in die liga fnaal te speel. Dit Het Maandag, 6 November, plaasgevind en Leeuwenhof se gholfseuns het baie goed presteer.
Uitslae behaal:
- C-span eindig algeheel 3de
- A-span eindig algeheel 2de in die IPS kompetisie en wen ook die zero HCP afdeling
- B-span wen die liga.
Leeuwenhof Akademie is ook baie trots op Revann Botha en Walt Potgieter wat gekies is vir die Ekhurhuleni span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf