Klara van Jaarsveld en Francois Naudé
Twee tweekampatlete van Laer Volkskool in Graaff-Reinet het geskitter tydens die Highgate Interprovinsiaal in Oudtshoorn verlede Saterdag, 1 Februarie. Die top tweekamp–atlete van sewe provinsies, waaronder WP, Eden, OP, Vrystaat, Grens en Griekwas, het hÃér sake uitgespook.
Klara van Jaarsveld (Graad 1) en Francois Naudé (Graad 5) het die OP A-span verteenwoordig en uitstekend gevaar in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Laer Volkskool is uitsonderlik trots op die twee leerders se deelname aan die byeenkoms en wens hulle alle sterkte toe met die res van die tweekampseisoen.