Heart Healthhttps://sol-tech.co.za/>

Kwaggas wys pragtige toewyding tot Noodhulpspan

Op Maandag 26 Julie het die Noodhulpspan van Hoërskool Cradock die voorreg gehad om saam met Langamed Oos-Kaap ‘n noodhulp-inligtingsessie by te woon.  Die doel van hierdie sessie was om CHS se noodhulpspan te bemagtig om ‘n veskeidenheid algemene sportbeserings te behandel.  Na afloop van besprekings oor die mees algemene sportbeserings kon leerders ook hul kennis prakties toepas op ‘n paar gewillige proefkonyne.

Altesaam 36 leerders het hierdie suksesvolle dag bygewoon.  Die leerders het die program baie geniet en in goeie gees met ‘n paar lekker spanbou-oefeninge sowel as ‘n heerlike ete afgesluit.

Hoërskool Cradock is besonders trots op hierdie groep leerders, die grootste aktiewe noodhulpgroep uit alle omliggende skole.  Sewe CHS leerders het tydens ‘n Vlak 1 Noodhulpursus in Mei hul eerste kwalifikasie ontvang.  ‘n Verdere vier leerders het reeds Vlak 3 voltooi.  Hierdie is ‘n pragtige getuienis van die leerders se toewyding tot noodhulp, omdat leerders alle kursusse na-ure en op eie onkoste bywoon en voltooi.

Hoërskool Cradock gee graag erkenning aan leerders, wat hulself kwalifiseer, met die toekenning van Half- en Vol-Ereklere tydens die jaarlikse prysuitdeling.  Die versiestes vir Half-Ereklere is dat leerders ‘n minimum van 2 jaar diens in die CHS Noodhulpspan moet hê, tesame met ‘n Vlak 1 kwalifikasie.  Vir Vol-Ereklere moet leeders aan die bogenoemde vereistes voldoen met ‘n Vlak 3 kwalifikasie.

Te danke aan die goeie ondersteuning van Langamed is Hoërskool Cradock se noodhulpspan opgewasse vir enige beserings wat hul langs die sportveld mag teëkom.  Baie dankie aan Hugo en sy span vir jul harde werk en die belegging wat hulle maak in die lewens van CHS leerders!

Op die foto heel bo:

CHS se noodhulpspan, ‘n bekwame en toegewyde groep leerders wat met elke sportwedstryd reg is om beserings te behandel.

Foto onder:

Mariona Ball en Deleen Botha, twee lede van CHS se noodhulpspan pas hul kennis prakties toe tydens ‘n inligtingsessie op Maandag 26 Junie 2017.

NOODHULP

Become a Sponsor

Related Posts

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen, Boksburg benodig ‘n buite-afrigter vir rugby. Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://www.egjansen.co.za/

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms – Welkom Volkskool

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms. Welkom Volkskool atlete het tydens die jaarlikse Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms rekords gebreek. Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://welkomvolkskool.co.za/ Foto verskaf

Leave a Reply

You Missed

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen

Vakature – Hoërskool dr EG Jansen

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms – Welkom Volkskool

Suid-Sirkel Atletiekbyeenkoms – Welkom Volkskool

Hoofseun 2025 – Hoërskool DF Malan

Hoofseun 2025 – Hoërskool DF Malan

Senior Meriete-aand – Hoërskool Kemptonpark

Senior Meriete-aand – Hoërskool Kemptonpark
VRL 2025 – Hoërskool Sentraal

Schools Netball – Eunice High School

Schools Netball – Eunice High School