Kwaggas Netbal. Twee van Hoërskool Outeniqua se 1ste netbalspan spelers, Leoné (75) en Zenell (50) het gesamentlik 125 wedstryde vir hul span gespeel!
Leoné
Leoné het vandag haar 75ste wedstryd vir die Kwaggas se Eerste Netbalspan teen Hoërskool Linden gespeel. Die Kwaggas wen die wedstryd 29-28. Dit is ook die 3e jaar wat sy die 1ste span verteenwoordig.
Netbal is vir haar “die sussie wat jy nie kon kies nie en wat deur dik en dun bymekaar staan, maak nie saak wat nie.”
‘n Boodskap van Dené wat ‘n tweede jaar saam met Leoné speel en vanjaar die span saam met haar lei: “Baie geluk met jou 75ste wedsrtryd Lolla!! Watter pad het jy nie al met netbal gestap nie. Dankie vir die mens wat jy is, nie net op die baan nie maar ook van die baan af. ‘n Ware rolmodel. Mag jou liefde vir netbal altyd aansteeklik bly.”
Boodskap van haar afrigter: “Shoe, Juf. Jordaan. Hier staan ons weer. Jy is steeds die passievolle, energieke, waagmoedige, liefdevolle, inspirerende en unieke speler wat ek in 2020 leer ken het. Ek kan nie beskryf hoe trots ek op jou as mens en netbalspeler is nie. Jy groei elke dag en ek kan nie wag om te sien wat jy nog alles gaan bereik nie. Jy bly steeds ‘n Protea-speler in my oë. Ek is baie lief vir jou.”
Zenell
Zenell speel vandag haar 50ste wedstryd vir OHS se Eerste Netbalspan teen die LaRochelle Comets. Hulle wen die wedstryd 30-17
Netbal beteken vir haar:
“Netbal help my om bietjie uit my ‘comfort zone’ te kom en so leer ek altyd meer van myself en ander mense. Die opwinding wanneer ek netbal speel is ‘n gevoel wat ek vir niemand kan beskryf nie en vir niks sal ruil nie.”
Haar spanmaats beskryf haar as ambisieus, goedhartig, doelgerig, nederig, vriendelike, liefdevol en opreg.
Boodskappe van die kapteine wat ‘n 2de jaar saam met haar die span verteenwoordig:
Dene (o.k) sê, “Baie geluk met jou 50ste wedstryd. Jy is nie net ‘n besonderse netbalspeler nie, maar ook ‘n ‘stunning’ mens. Ek is so dankbaar om hierdie ‘journey’ saam met jou te kon deel. Mag jy altyd bly straal van liefde en omgee.”
Lolla (k) sê, “‘Zenllie, ‘you made it!’ Jou grootste droom het waar geword! Baie geluk met jou 50ste wedstryd! Ek is baie trots op jou. Ek speel nou al twee jaar saam met jou en ek is bly om te sien hoe jy gegroei het. Mag dit die wedstryd wees wat jy vir die res van jou lewe sal onthou! My vriendin met die kleinste hartjie, ek sê weerens baie geluk. Jy verdien dit 100% en ek is baie lief vir jou!”
Boodskap van haar afrigter: “Baie, baie, baie geluk my kind. Ek is so trots op die sagte en liefdevolle manier waarop jy ‘n voorbeeld vir jou spanmaats is. Sonder dat jy weet…in jou stil en rustige manier…maak jy so ‘n groot verskil in die span. So baie kyk op na jou. Mag 2024 vir jou ‘n ongelooflike netbaljaar wees. Baie liefde.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf