Die leerlingraad van HoĆ«rskool Cradock het met Lentedag besoek afgelĆŖ by die inwoners van die Elizabeth Jordaan Tehuis in Cradock.Ā Inwoners is elk bederf met ān pragtige blommetjie asook iets vir die soettand en ān kort vertoning deur twee begaafde jong Kwaggas, JP Barnardo (gr.10) en Chuma Dilima (gr.11).Ā Hierdie twee leerders het tydens die onlangse Eisteddfod in Aliwal-Noord trippelgoud ontvang vir hul trio saam met Caroline Salters (gr.9).Ā Inwoners kon nie genoeg kry van hierdie twee se sang en hulle moes regstaan vir meer as die beplande sangitems.
Die leerlingraad van CHS besoek elke jaar met Lentedag die inwoners van die aftree-oord en siekeboeg.Ā Daar word ook deur die jaar besoek afgelĆŖ en gekuier.Ā Hierdie besoeke is ān vaste instelling en word vreeslik geniet deur beide die leerders en bejaardes.
Om met iemand te gesels wat soveel jare se stories en staaltjies het, nie eens te praat van die lewenservaring, bly ān groot voorreg.Ā ān Voorreg om saam met die grootouers van die gemeenskap te kuier maak ān groot impak en laat ān blywende, positiewe herinnering by die leerders.Ā DĆe bejaardes se stories is soms ook baie van Ć³ns stories, hul geskiedenis bly ons geskiedenis.Ā Die leerlingraad se inisiatief om op hierdie eenvoudige manier ook erkenning te gee aan diegene wat diep spore in ons gemeenskap getrap het bly ān gebaar van groot respek en liefde.Ā Dankie aan die inwoners en bestuur van die Elizabeth Jordaan Tehuis wat die Kwaggas keer op keer met ope arms ontvang, ons kom kuier graag weer!
Op die foto bo:
Die leerlingraad van CHS tydens hul besoek by die Elizabeth Jordaan Tehuis op Lentedag.