Drikus De Jager van Hoërskool Outeniqua het by die TSA Nasionale Byeenkoms in Bloemfontein 2de geeïndig in die o.16 ouderdomsgroep en die dubbels gewen. Hy is gekies vir die SA 0.16 span wat aan die Afrika Junior span kompetisie (AJTC) gaan deelneem.
Dit vind plaas vanaf 22-26 Junie in Egipte.