1ste Span seuns vlnr: Drikus de Jager, Micheal Mostert, Willem Breytenbach, Martin Moster en Albert Warren (Afrigter).
Hoërskool Outeniqua van George se tennis het die afgelope maand die Eden Distrik se been van die o.16, BNP Paribas RCS Rising Star oorheers.
Die Seuns A en B spanne het afsonderlik eerste en tweede geeïndig en die Dogters A span het ook hul afdeling gewen.
Hulle gaan die naweek van 28-29 Mei aan die Provinsiale toernooi deelneem.
Die Kwaggas hou vir julle duimvas!