Tydens die afgelope naweek het vele mense en gesinne die tog aangepak na al die sneeubedekte bergpasse en omliggende dele. Dit is duidelik dat daar groot genot geput is, soos van ouds, in die bou van sneeumanne, asook sneeugevegte.
Die leerders en personeel van Hoërskool Cradock het ook hul deel van winterwonderpret gehad. Die bekoring van ‘n sneeulandskap is iets besonders vir klein en groot. Hoewel sommige nog bietjie moet werk aan hul sneeumanbou-vernuf kan ander solank inskryf vir internasionale kompetisies. Cradock staan beslis nie terug vir die Switsers van die Alpe nie!
Op die foto bo: Leerders van Hoërskool Cradock geniet die sneeu wat die afgelope naweek die landskap in ‘n winterwonderland verander het.
Voor: Nicola Koegelenberg
Agter, vlnr: Mienke de Wet, Nadia du Plessis, Bruzelia Martins
Foto links: J.R Foreman, sportorganiseerder by Hoërskool Cradock, spog met die sneeuman wat hy gebou het die afgelope naweek.