Kunswedstryd – Hoërskool Ermelo is besonder trots op tien Erries. Hulle is vanjaar tydens die landswye Con Spirito Kunswedstryd as nasionale item wenners aangewys is. Die leerders het eers aan streeksuitdunne deelgeneem in die kunswedstryd vanaf 21-23 Julie. Daarna het hul nasionaal meegeding teen die ander provinsies vanaf 22 Aug tot 3 September.
Die Erries wat by die Con Spirito kunswedstryd as nasionale item wenners in hul onderskeie kategorieë aangewys is, is as volg:
- Mar-Louise Viljoen (kleurpotlood: kuns, gr. 8),
- Shoney Erasmus (tweetalige toespraak, gr. 8),
- Madri van Niekerk (pastelle & verf: kuns, English prepared speech, Afr. voorbereide eksperimentele toespraak, gr. 8),
- Nqobile Zwane (tweetalige toespraak, gr. 11),
- Daniël Mostert (houtskool: kuns, gr. 11),
- Isabelle Moussier (English prepared reading, gr. 11),
- Zané du Plessis (opstel, gr. 11),
- Dirk Maritz (saksofoon, gr. 12).
Spesiale vermelding moet gemaak word van Zané du Plessis (gr. 11). Sy ontvang benewens haar sertifikaat vir item wenner, gr. 11 beste opstel, ook ‘n trofee. Sy deel dit egter met ‘n ander kandidaat vir die algehele beste hoërskool kreatiewe skryfwerk.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien