Kuns inni Liedjiebos skoleprojek. 𝗗𝗶𝗲́ 𝗡𝗲𝗹𝗹𝗶𝗲𝘀 𝗸𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗴! NHS se begaafde woordkunstenaars het aan die Kuns inni Liedjiebos skoleprojek deelgeneem. Al die finaliste is na ‘n oorhandigingsaand uitgenooi waar die Nellies as wenners aangewys is.
Die prys vir die beste en oorspronklikste gedig in Engels is aan Kyla Oliver (graad 11) toegeken. Sy het ook die toekenning vir die beste uitbeelding van Innibos se tema ontvang. Die tema is “Vars, Vernuwe, Groei en Geluk”. Kyla se is gedig “My journey of growth”.
Beste taalgebruik in Afrikaans is aan Melize Lindeque (graad 11) met “Wonderbaarlik” toegeken. Die finaliste was Xanél Bantjies (graad 9) met “Discovery” en Nadia de Witt met “Hoop”.
Oud-Nellie Ingrid Bezuidenhout se gedig “Boom” is gekies as inspirasie vir ‘n kunswerk deur Linda Raath, Ilona Petzer en Anton Bosch. Hierdie plaaslike kunstenaars se kunswerke tesame met die wenners se gedigte is vanaf Woensdag 28 Junie by Christies’ at 32 on Russel te sien.
Art inni Liedjiesbos schools project
NHS’s gifted word artists took part in the Art inni Liedjiesbos schools project. The finalists were also invited to a handover night where the Nellies were declared winners.
The prize for the best and also most original poem in English was awarded to Kyla Oliver (grade 11). She also received the award for best portrayal of Innibos’ theme. The theme is “Fresh, Renewed, Growth and Happiness”. Kyla’s poem is “My journey of growth”.
Best language use in Afrikaans was awarded to Melize Lindeque (grade 11) with “Wonderbaarlik.” The finalists were Xanél Bantjies (grade 9) with “Discovery” as well as Nadia de Witt with “Hope”.
Former Nellie Ingrid Bezuidenhout’s poem “Boom” was also chosen as inspiration for an artwork by Linda Raath, Ilona Petzer and Anton Bosch. These local artists’ artworks, together with the winners’ poems will be on view at Christies’ at 32 on Russel from Wednesday 28 June.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf